Primêre
Skool
Arboretum
Tuisblad
Aktiwiteite

Ondersteunings Dienste

 

Remediërende Onderrig

 Gemiddelde tot bogemiddelde leerders wat oor die algemeen in hul gewone skoolwerk goed vorder, maar in ‘n bepaalde vak of onderafdeling van die vak nie na wense presteer nie, is kandidate vir remediërende onderrig.  Om verskillende redes mag ‘n leerder bv. ‘n swak leser wees of swak spel, terwyl hy/sy in ander fasette van die betrokke taal sowel as ander vakke goed tot selfs uitstekend presteer.  ‘n Gedeeltelike agterstand of tydelike gebrek wat tydens sy leertydperk ontstaan het en wat nie sonder hulp ingehaal of reggestel kan word nie, word dan ondervind. 

 

Die werk wat in die remediërende klas gedoen word, is grotendeels individueel van aard omdat elke leerder uniek is.  Leerders wat ‘n korttermynprobleem het, word by ons skool gehelp.  Perseptuele probleme, lees, begrip en spelling word hier aangespreek.  Leerders wat ‘n langtermynprobleem het en wat oor  gemiddelde tot bogemiddelde vermoëns beskik, word na die Zoeloeland Remediërende sentrum in Empangeni verwys.  Daar ontvang hulle hulp in ‘n kleiner klassituasie.

 

Pastorale sorg

By Primêre Skool Arboretum word daar nie net na die akademie omgesien nie, maar na die kind in sy geheel.  As daar honger is, word broodjies voorsien en vir ‘n seer hart is daar twee beraders wat die emosionele welstand versorg.