Visiestelling
Om ‘n vooruitstrewende Primêre Skool
in Kwa-Zulu Natal te wees.
Ons is verbind tot ‘n sorgsame, kwalitatiewe en koste-effektiewe opvoedkundige diens
aan al ons leerders en ouers.
Missiestelling
Primêre Skool Arboretum streef daarna om vir elke leerder in staat te stel om ‘n
normsisteem ten opsigte van die lewe binne die mikro-lewenssituasie van die skool op
te bou, sodat dit in sy/haar lewe sin en betekenis kry en hom/haar sodoende te lei,
tot die ware en hoogste sin van die lewe.
In ons strewe is ons verbind tot:
- Die erkenning van geloof;
- Die handhawing van ‘n hoë akademiese standaard deur middel van gehalte onderrig waardeur
elke individu gehelp word om sy of haar volle potensiaal te ontwikkel;
- Onderrig in die taalmediums Afrikaans en Engels;
- Die ontwikkeling van elke leerder as totaliteit deur ‘n gesonde balans tussen akademie,
sport en kulturele bedrywighede te handhaaf;
- Die ontwikkeling van selfstandige, logiese, skeppende en kritiese denke;
- Die aanleer van wedersydse respek, eerbied en die erkenning van die regte van andere;
- Die vestiging van ‘n stabiele, gedissiplineerde omgewing bevorderlik vir onderrig
en leer;
- Die erkenning van elke leerder as individu en die vorming van ‘n positiewe selfbeeld;
- Gesonde interaksie tussen ouers, onderwysers en bestuursliggaam;
- Die toepassing van gesonde sakebeginsels in die bestuur van die skool;
- Die werwing en behoud van ‘n onderwyserkorps wat hom volkome met die ideale van die
skool vereenselwig en toenemend daarna streef om deur professionele optrede, dit
te help verwesenlik.