Primêre
Skool
Arboretum
Tuisblad
Fasiliteite
Kuns Sentrum

 

"Art is taught because, like science, language and mathematics, the study of art is essential for an educated understanding of the world."

(Hurwitz & Day 2001:28)

 

In die kunssentrum by Primêre Skool Arboretum glo ons dat kuns op primêre vlak ‘n noodsaaklike deel  van die leerder se ontwikkeling is.  Inherente estetiese vermoëns verseker dat die leerder die oorlaaide visuele wêreld as ‘n visuele, geletterde individu betree.  Hul dra dan nie net kennis van kuns nie, maar ook hoe om dit, wat hul sien, te verwerk.

 

In die kunssillabus word daar ondersoek ingestel na verskeie areas van kuns, nl. historiese-, kontemporêre- en kulturele kuns.  Hierdie kennis word dan deur middel van teken, beeldhou en skilder in verskillende mediums toegepas. 

 

Die skool moedig die leerders aan om aan kunskompetisies soos die Mondikompetisie en die Eistedfodd deel te neem.  Die skool bied elke derde jaar 'n kunsuitstalling by die skool aan waar al die leerders se kuns uitgestal word.